fbpx
Vryheidsfront Plus

Meer mense is vandag aangewese op die ANC se leë beloftes as op daaglikse brood

(Debat in Gauteng-wetgewer: Skade aan ekonomiese infrastruktuur tydens Covid-19-pandemie in Gauteng)

Die VF Plus het die omgewing waarin misdaad seëvier en Gauteng se infrastruktuur vernietig word, voor die voete van die ANC gelê as die skepper daarvan weens swak ekonomiese beleid en die vernietiging van die staatsdiens deur kaderontplooiing.

Juis daarom moet meer mense vandag op die vals beloftes van die ANC probeer oorleef as op daaglikse brood.

Dit was vandag die kern van die VF Plus se boodskap aan die ANC in reaksie op die ANC-mosie oor skade aan ekonomiese infrastruktuur gedurende die Covid-19-pandemie in Gauteng.

Die VF Plus het die ANC daarvan beskuldig dat die oorsaak van die skade aan ekonomiese infrastruktuur sistemies van aard is en bloot 'n simptoom van 'n groter siekte.

Die oorsaak van die siekte is enersyds verkeerde ekonomiese beleid wat die ANC wil intensifiseer, maar wat net tot groter ekonomiese skade gaan ly. Andersyds neem dit die vorm aan van swak dienslewering deur die staatsdiens weens kaderontplooiing.

Saam het hierdie faktore is 'n omgewing geskep waarin gewone mense desperaat raak en georganiseerde misdaad sonder probleme kan floreer. Daarby skep korrupsie deur ANC-leiers 'n voorbeeld wat verkeerde optrede legitimeer.

Daarom, indien die ANC ernstig sou wees om die probleme na behore aan te spreek, sal die sistemiese aard en oorsake daarvan geïdentifiseer moet word. Dit beteken die ekonomiese beleid waarna ons streef moet eerder soos dié van Suid-Korea en Mauritius wees en staatsamptenare moet slegs op meriete aangestel word.

Die ANC blyk egter nie in staat te wees om die nodig regstellings te maak nie tot nadeel van die inwoners van Gauteng.

Navrae: 082 391 3117

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.