Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

OG-verslag bewys departement van landbou faal alle boere

Die ouditeur-generaal (OG), Kimi Makwetu, het tydens die oudit van die Covid-19-verligtingsfondse aan kleinskaal-boere, bevind dat daar nie voldoende rekordhouding ten opsigte van begunstigdes was nie.

Hy het sy kommer uitgespreek teenoor die onvoldoende en onbillike proses wat gevolg is met die aanwysing van verskaffers van koopbewyse wat aan hierdie boere gegee is, sowel as oor begunstigdes wat moontlik nooit in aanmerking moes kom vir dié koopbewyse nie.

Die lys van begunstigdes is nie korrek geadministreer nie en hierdie onvoldoende rekordhouding laat ruimte vir korrupsie.

Hierdie bevindinge moet verder ondersoek word en amptenare verantwoordelik vir hierdie onreëlmatighede moet aanspreeklik gehou word.

Dit is onaanvaarbaar dat mense wat moontlik nie gekwalifiseer het vir hulp nie, voordeel getrek het uit die verligtingsfondse, veral in die lig daarvan dat kommersiële landbouers uitgesluit is van enige regeringshulp.

Die departement het kommersiële landbouers uitgesluit tydens die enorme bedreiging vir voedselproduksie gedurende die Covid-19-tydperk. Slegs opkomende boere het baat gevind, terwyl die departement kommersiële boere na die Landbank verwys het.

Alhoewel wol, wyn en tabak van Suid-Afrika se hoofuitvoere is, het die kommersiële boere wat die produksie daarvan verseker, nie in aanmerking gekom vir enige regeringshulp nie.

Die VF Plus sou graag wou sien dat hierdie boere bygestaan word deur dieselfde regering wat produksie effektiewelik tot stilstand gebring het. Intussen is hierdie boere ook na die Landbank verwys.

Die Landbank is reeds twee keer in hierdie jaar afgegradeer en moes deur middel van ‘n reddingsboei van sowat R3 miljard gered word. Dit het hoër rentekoerse, sowel as verhoogde pryse van landbouprodukte vir die verbruiker tot gevolg.

Die VF Plus verwelkom die OG se bevindinge, maar verwag dat daadwerklike aksie geneem word teen amptenare wat hulself aan onreëlmatighede skuldig maak. Die departement moet hand in eie boesem steek en ophou agter die Landbank as enigste alternatief wegkruip.

Navrae: 082 490 6663

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Corrie Pypers

Nuwe winkelsentrum in Meyerton oorstroom

Indien die Midvaal-plaaslike munisipaliteit (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) sy stormwaterpype en -slote voor en tydens die reënseisoen onderhou het, sou die skade aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.