Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Meer dokters gaan nie die probleem oplos nie

Die VF Plus het die aanstelling van meer as drie duisend dokters en verpleegsters in Gauteng verwelkom, maar gesê dat hierdie aanstellings nie die probleme van die departement van gesondheid gaan oplos nie.

Die VF Plus se leier in Gauteng, mnr. Philip van Staden, het in reaksie op die aanstellings gesê dat die omvang van die probleem by die departement veel groter is as net ‘n tekort aan dokters en verpleegsters. Van Staden het gesê dat die eintlike probleem by die swak bestuur van die departement lê, en dat die LUR in Gauteng, Qedani Mahlangu, grotendeels deel van die probleem is.

“Die departement sit met ‘n LUR wat nie sterk genoeg optree teen wangedrag en wanadministrasie in die department nie. Die aanstellings van meer dokters en verpleegsters is ‘n stap in die regte rigting, maar die premier van Gauteng, David Makhura, moet ‘n LUR aanstel wat ‘n kenner in die mediese veld is. Op hierdie stadium sit ons met ‘n LUR wat aangestel is as gevolg van haar ANC-lidmaatskap, eerder as ‘n aanstelling wat gemaak is op grond van mediese kwalifikasie en ondervinding.

“Die VF Plus gaan binne die volgende weke klagtes teen die betrokke LUR by die owerhede indien,” het Van Staden bygevoeg.

 

Tel: 084 015 4722

Philip@vf.co.za / PvanStaden@gpl.gov.za

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.