Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Meer as R272 miljoen verlore met opknappingswerk aan munisipale gebou in Germiston

Die VF Plus eis antwoorde en verantwoordbaarheid van amptenare en kontrakteurs wat betrokke was by opknappingswerk aan die SAAME-gebou in Germiston nadat dit aan die lig gekom het dat diΓ© projek Ε‰ verlies van R272 miljoen toon weens growwe wanbestuur en onreΡ‘lmatige uitgawes.

Die tienverdieping-gebou in Germiston behoort aan die Ekurhuleni-metro en huisves munisipale kantore.

In Ε‰ verslag van die interne ouditdepartement wat voor die raad gedien het, word sistemiese mislukkings in projekbeplanning, finansiΓ«le toesig en kontrakbestuur beklemtoon.

Kontrakteurs is miljoene rand betaal sonder enige prestasie en omvangsbeheer. Sommige betalings is gemaak sonder goedgekeurde dokumentasie of vorderingsverslae. Die metro het ook meer as R134 miljoen aan maatskappye betaal wie se kontrakte later beΓ«indig is weens nie-prestasie.

Dit is nie bloot ’n geval van onbekwaamheid nie, dit is diefstal van openbare geld onder die dekmantel van dienslewering.

Kernbevindinge sluit in:

β€’ Meer as R93 miljoen is aan ’n enkele kontrakteur betaal sonder enige vorderingsverslae.
β€’ Duplisering en oorvleueling van dienste tussen kontrakteurs, sonder enige besorgdheid oor kostedoeltreffendheid.
β€’ Verliese van R6.9 miljoen aan voorraad weens versuim om bates te beveilig.
β€’ Betalings gedoen ten spyte van kennis van gebrekkige werk.
β€’ ’n Totale bedrag van R272,079,243.49 in onreΓ«lmatige en verkwistende uitgawes.

Wetlike oortredings wat geΓ―dentifiseer is, sluit in:

β€’ Nie-nakoming van artikel 32 van die Wet op Munisipale FinansiΓ«le Bestuur (MFMA).
β€’ Afwesigheid van verpligte verslagdoening ingevolge artikel 34 van die Wet op die Voorkoming en Bekamping van Korrupte Aktiwiteite.

Die VF Plus verwelkom die verslag se aanbeveling om die saak na polisie en die spesiale-ondersoekeenheid (SOE) te verwys.

Die party dring verder daarop aan dat interne dissiplinΓͺre stappe teen skuldige amptenare bespoedig word en dat indien hulle skuldig bevind word, hulle strafregtelik vervolg word.

Inwoners kan nie langer toekyk hoe hul belastinggeld straffeloos geplunder word nie.

Die VF Plus sal nie rus totdat die verantwoordelike persone tot verantwoording geroep is nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.