fbpx
Vryheidsfront Plus

Mediese nalatigheidseise kos Mpumalanga se gesondheidsdepartement R10 miljard

Die VF Plus het gister tydens 'n vraag-en-antwoordsessie in Mpumalanga se wetgewer daarop aangedring dat die buitensporige mediese nalatigheidseise van R10 miljard in die provinsie dringend bespreek word.

Tydens die 2020/21-boekjaar was mediese nalatigheidseise teen die provinsiale departement van gesondheid die derde hoogste in die land.

Die totale voorwaardelike aanspreeklikheid van die departement het met meer as R90 miljoen toegeneem en is tans meer as R10,2 miljard.

Meer as R9,9 miljard hiervan is weens mediese nalatigheid.

Die departement van gesondheid het kritieke mediese vakatures, maar 'n totaal van byna R57 miljoen gaan aan salarisse van slegs 44 senior bestuursposte. Hierdie departement het tans nie eens 'n permanente departementshoof nie.

Benewens die groot hoeveelheid vakatures, dra die swak beskikbaarheid van medikasie en chirurgiese diverse toerusting ook by tot die eise.

Volgens die jongste kwartaalverslag van 2022/23 het die mediese depot in Middelburg nie ten alle tye ten minste 95% voorraad beskikbaar gehad nie.

Die algemene persentasie mediese voorraad was maar 'n skamele 84%. Dit het gelei tot vertragings met aflewerings by klinieke en hospitale.

Dieselfde verslag dui aan dat 226 mediese geriewe in die provinsie dringende herstelwerk en onderhoud benodig terwyl twee klinieke heeltemal vervang moet word.

Dit is duidelik dat die departement die afgrond in bestuur word.

Die regerende party voldoen nie aan sy grondwetlike plig om behoorlike gesondheidsorg aan die mense van Mpumalanga te voorsien nie. Dit is duidelik dat politieke motiewe en selfdienende neigings hoogty vier.

Mpumalanga verdien beter as die ANC.

Navrae: 084 652 9164 / 066 376 3329

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.