fbpx
Vryheidsfront Plus

Regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging sal bly solank ANC regeer – Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa het dit vandag opnuut bevestig dat regstellende aksie (RA) en swart ekonomiese bemagtiging (SEB) deel van Suid-Afrika sal wees solank as wat die ANC regeer.

Die president het dié uitlating gemaak in antwoord op ‘n vraag van die leier van die VF Plus (dr. Pieter Groenewald), oor die volharding met RA en SEB nieteenstaande groeiende weerstand teen die nadelige uitwerking daarvan.

Die vraag in die nasionale vergadering was of die regering dit nie oorweeg om afstand te doen van dié skadelike beleid nie aangesien dit geen doel meer dien nie.

Dit spreek nie ongelykheid aan nie en is ‘n ernstige struikelblok vir die land se ekonomie.

Die president se antwoord het dit duidelik gemaak dat hy totaal uit voeling is met die realiteite van die land se fiskale krisis en swak ekonomie.

Hy is nie van mening dat RA en SEB enige nadele inhou nie en hou vol met ANC-retoriek dat dit onregte van die verlede moet regstel.

Die waarheid is egter dat die meerderheid, veral swart mense, steeds arm is terwyl ANC-kaders op meestal omstrede wyse skatryk word hoofsaaklik weens RA en SEB.

Dit is tipiese ANC-propaganda wat die verlede vir alles verkwalik. Regstellende aksie, of rasstellende aksie, laat ’n omvattende spoor van ekonomiese vernietiging in die land.

Die VF Plus stem saam dat sommige mense met ‘n oorvloed potensiaal weens gebreke in die stelsels nooit hul volle potensiaal bereik het nie.

Sulke mense behoort aktief bygestaan te word. Om egter rassekwotas blindweg af te dwing, is ’n veelvuldige onreg.

Velkleur kan nie gebruik word as ‘n veralgemene aanduiding van minderbevoorregting nie.

Hoe gouer van die ANC ontslae geraak word, hou gouer is Suid-Afrika en sy mense bevry van die juk van hierdie ongeregtighede.

Navrae: 083 627 4397

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.