Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mediakennisgewing: VF Plus-rapport vir ANC-regering

U word hiermee vriendelik uitgenooi na 'n mediakonferensie waar dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, en dr. Corné Mulder, hoofsweep, u sal toespreek oor die VF Plus se jaarlikse beoordeling en evaluering van die ANC-regering oor die afgelope jaar.

Daar sal in die besonder gefokus word op areas waar die regering die publiek in die steek gelaat het en die VF Plus se voorstelle oor hoe om daarop te verbeter.

Een van hierdie aspekte is die Wetsontwerp op die Finansiering van Politieke Partye wat deur die parlement goedgekeur is en wat reeds sedert 29 Junie vanjaar op pres. Cyril Ramaphosa se lessenaar lê vir ondertekening.

Een van die bepalings in die wet is dat politieke partye die identiteit van skenkers van R100 000 of meer bekend moet maak en die VF Plus plaas die vergrootglas hierop as moontlike rede vir die nie-ondertekening van die wet.

 

Datum : Woensdag , 19 Desember 2018

Tyd : 11:00

Plek : Pleinstraat 90, 8ste Vloer, Parlement, Kaapstad

 

Vir nader inligting, skakel Pieter Swart by: 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.