Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Versoeningsdag: Moenie Afrikaner sondebok maak

Die Grondwet van Suid-Afrika gee Afrikaners die reg om hul kultuur en erfenis te herdenk en uit te leef. Die herdenking van 16 Desember word deur die meeste Afrikaners gesien as Geloftedag binne die konteks van ‘n gelofte wat afgelê is in 1838.

Die Gelofte by Bloedrivier is nie deur ‘n regering afgelê nie, maar deur die voorsate van die Afrikanervolk. Dit is dus die Afrikaner se keuse om Geloftedag te herdenk. Versoeningsdag en die jaarlikse herdenking van die 1838 gelofte staan nie teenoor mekaar nie. Dit is ’n fout om Afrikaners te probeer dwing om tussen die twee te kies.

Die meeste mense in Suid-Afrika soek vrede en ’n veilige toekoms vir hul kinders. Hulle soek ook die reg om hulleself te wees, as byvoorbeeld Afrikaners, in ’n land met baie tale en kulture.

Daar is groot rede tot kommer oor die wyse waarop die Afrikaner se geskiedenis tans negatief en eensydig aangebied word ter wille van populisme. Die Afrikaner word die sondebok gemaak vir alles wat verkeerd loop in Suid-Afrika.

Verdere brandpunte is die grondkwessie en veldtogte om Afrikaners en witmense as misdadigers in hul eie land voor te stel, asof hulle die land se grond gesteel het.

Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon en Afrikaners het oor eeue ‘n belangrike rol gespeel om die land op te bou tot voordeel van alle Suid-Afrikaners. Afrikaners kan en moet trots wees op hierdie bydrae van opbou en hoef nie verskonend daarvoor te wees nie.

Mense moet nie die Afrikaner die sondebok maak vir hul eie mislukkings en onvermoë om sukses te behaal nie. Versoening en nasiebou sal werk wanneer geen groep of individu beledig, bedreig, onderdruk of gemarginaliseer in die land voel nie, en wedersydse respek vir mekaar se verskille betoon en erken word.

Indien versoening in Suid-Afrika beteken dat sekere volke en kultuurgroepe dit wat hul eie is moet vernietig, opoffer en verskoning daarvoor vra, is dit nie werklike versoening nie, maar polarisasie en ‘n resep vir konflik.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216 / 082 674 6670

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Ben van der Berg

Welverdiend steeds sonder krag

Die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) sleep steeds voete met die vervanging van ʼn transformator by die Frikkie-substasie in Welverdiend. Dié substasie, wat krag aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.