Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

McBride se aanstelling klap in publiek se gesig

“Die aanvaarding vanRobert McBride se aanstelling as uitvoerende direkteur van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (OPOD) deur die portefeljekomitee op Polisie, is ’n klap in die gesig van die publiek,” sê dr Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder vir Polisie van die Vryheidsfront Plus.

“OPOD is die waghond van die publiek oor die Polisie en ondersoek klagtes teen die Polisie deur die publiek. Die publiek moet dus vertroue hê in die hoof van OPOD. McBride is uiters omstrede weens sy betrokkenheid by aanklagtes van misdaad soos wapensmokkelary en aanranding, wat nooit deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) vervolg is nie. McBride se vriendskap met Cyril Beeka van die onderwêreld herinner aan Selebi se vriendskap met Agglioti. McBride is ’n omstrede persoon en daar kan nie van die publiek verwag word om vertroue in hom te hê nie. Die minister van Polisie, mnr. Nathi Mthethwa,  en die ANC stel die belange van die publiek dus ondergeskik aan die ANC se belange. Dit was duidelik dat die komitee die rubberstempel was van die minister,” het Groenewald gesê.

 

 

Vir verdere navrae: 083 627 4397 / 082 472 0189

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.