fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Dr. Pieter Mulder gaan met minister van omgewingsake en waterwese praat oor waterkrisis

Dr. Pieter Mulder, leier van die VF lus, gaan aanstaande week die waterkrisis in die land bespreekmet Edna Molewa, minister van omgewingsake en waterwese.

Dr. Mulder het reeds van die drooggeteisterde gebiede soos Swartruggens in Noordwes besoek. Uit gesprekke met van die boere en inwoners was dit duidelik dat die droogte en gepaardgaande faktore soos swak beplanning en gebrekkige instandhoudingswerk die dorp feitlik sonder water gelaat het. Dr. Mulder was beïndruk met die positiewe gesindheid van die landbougemeenskap om te help om die waterprobleme op te los deur byvoorbeeld boorgate op hulle plase beskikbaar te stel en water na die minder gegoede buurtes te help aanry.

Volgens dr. Mulder het die droogte op verskeie plekke reeds rampspoedige afmetings aangeneem en noodmaatreëls is in werking gestel om aan miljoene mense water te verskaf net vir oorlewing.

"Veral boere word swaar getref en tienduisende diere het al gevrek. Duisende plaaswerkers kan ook hul werk verloor indien daar nie binnekort verligting kom nie.

"Die regering het reeds R43.5 miljoen beskikbaar gestel vir hulp in Noordwes, maar dit is skaars 'n druppel aan die emmer gemeet aan die omvang van die probleem. Veel meer sal gedoen moet word om die ergste nood te verlig," sê dr. Mulder

 

Kontaknommers: 082 674 6670 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.