fbpx
Vryheidsfront Plus

Mbombela: Straatnaamveranderings ʼn mors van belastinggeld

Die munisipale prosesse vir die hernoeming van straatname in die Mbombela-plaaslike munisipaliteit (Mbombela/Nelspruit, Barberton, Hazyview, Kaapsehoop, Skukuza, Witrivier) het weer afgeskop.

Die tydsberekening van hierdie skielike skuif om name te verander, is net ‘n verkiesingsfoefie om ou wonde te heropen en die ANC se boodskap van kwansynse bevryding tuis te dryf.

Op 22 Februarie 2022 is die plaaslike munisipale raad ingelig van die naamsveranderingsproses.

Daar was voorwaardes gestel dat die finansiële implikasies van die hernoeming van 15 strate in Barberton, Nelspruit, Witrivier en Hazyview eerste met die raadslede gedeel sal word.

Tot op hede was daar egter geen finansiële verwysings wat die koste aandui nie, maar tog het die munisipaliteit die proses nou afgeskop.

Die munisipaliteit moet eerder fokus op ekonomiese groei buite sy tradisionele belastingbasisgebiede as naamsveranderinge. Enige geld wat gemors word op die hernoeming van bestaande strate in hierdie gebiede moet eerder bestee word aan dienslewering en infrastruktuur van landelike gebiede.

Die finansieel-geknoude Mbombela sal geen baat vind deur straatname te vervang nie en sal slegs daarin slaag om bestaande geskiedenis te verwyder met die uitsluitlike doel om stemme vir die ANC in die komende 2024-algemene verkiesing te werf.

Die volgende strate is geïdentifiseer vir naamsverandering:

Nelspruit: Piet Retiefstraat, Besterstraat, Andersonstraat, Brownstraat, Ferreirastraat, Henshallstraat, Ou Pretoriaweg en Voortrekkerstraat.

Barberton: Krugerstraat.

Witrivier: Danie Joubertstraat en Theo Kleynhansstraat.

Hazyview: Stormvoëlweg, Tarentaalstraat en die R40-hoofpad.

Die VF Plus sal hierdie hand en tand beveg om te verseker dat belastingbetalers se geld nie vermors word nie.

Die VF Plus sal ook ʼn petisie loods om die veranderinge teen te staan en versoek belanghebbendes om dit te teken.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.