Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mbombela: 496 onuitgevoerde raadsbesluite sloer al amper ses jaar

Die VF Plus sal met die volgende raadsvergadering van die Mbombela-plaaslike munisipaliteit ’n mosie ter tafel lê dat die uitvoerende burgemeester, Sibongile Makushe, die munisipale bestuurder, Wiseman Khumalo en die hoof van elke skuldige departement verantwoordbaar gehou word vir die gebrek aan die implementering van 496 raadsbesluite sedert 2016.

Indien hulle nie dadelik aandag skenk aan hierdie sake nie, sal die VF Plus vereis dat daar dissiplinêre stappe teen hulle geneem word.

Die Mbombela-munisipaliteit bedien onder meer Mbombela/Nelspruit, Barberton, Hazyview, Kaapschehoop, Skukuza en Witrivier.

’n Lys van hierdie uitstaande raadsbesluite wat die VF Plus saamgestel het, sluit in 93 vir die departemente van stadsbeplanning en -ontwikkeling, 86 van finansiële bestuur en 63 van die raadskantoor.

Die ander uitstaande raadsbesluite raak die departemente vir water en sanitasie, energie en openbare werke.

Die besluite sluit onder meer in dat die koste van munisipale werkers se oortydbetaling, wat tans by R14 miljoen per maand draai, stopgesit moet word, die besluit dat private vakante erwe deur die eienaars onderhou moet word, of dat die eienaars deur die munisipaliteit beboet sal word indien hulle nie daaraan gehoor gee nie en dat die munisipaliteit se onreëlmatige en nuttelose besteding van sowat R500 miljoen dringend ondersoek moet word.

Besluite wat in die raad geneem word, word ten bate van die inwoners geneem en moet daarom so gou as moontlik uitgevoer word.

Dit is dus ondenkbaar dat honderde kritieke besluite so lank op hierdie vlak sloer.

Hierdie is weereens ‘n bewys dat die ANC-beheerde Mbombela-raad nie regeer tot voordeel van inwoners nie, maar net optree in eie belang.

Mbombela verdien beter as die ANC

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.