fbpx
Vryheidsfront Plus

Masilonyana-munisipaliteit begin 2020 weer onwettig

Die Masilonyana-plaaslike munisipaliteit (Theunissen, Brandfort, Winburg en Verkeerdevlei) tree onwettig op deur nie sy jaarverslag betyds in die raad ter tafel te lê nie.

Masilonyana, wat tot September nog onder provinsiale administrasie was, oortree die voorskrifte van die Munisipale Finansïele Bestuurswet (MFMA) deur nie voor 31 Januarie sy jaarverslag in die raad te laat dien nie.

Uit navrae deur die VF Plus in die verband, blyk dit dat die raadsvergadering waar die verslag gaan dien, eers aanstaande week gaan plaasvind.

Die halfjaar-begrotingsasseseringsverslag het ook nog nie in die raad gedien nie. Dit vertraag die begrotingsproses en is tot nadeel van effektiewe finansiële bestuur. Die voorskrifte van die MFMA bestaan vir goeie rede. Inwoners van die Masilonyana kan dit nie bekostig dat die administrasie en die raad weer onwettig optree nie.

Terwyl dienslewering in munisipaliteit effektiewelik tot stilstand gekom het, ignoreer die ANC nie net die MFMA nie, maar ook inwoners se reg op dienste. Die VF Plus sal aanhou om die Masilonyana-raad en administrasie tot verantwoording te roep sodat dienste in die munisipaliteit verbeter. Die VF Plus sal die nasionale en provinsiale regering se aandag op die munisipaliteit se nie-nakoming van wetlike voorskrifte vestig.

Kontaknommer: ‪083 272 8664

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.