Die VF Plus spreek hiermee sy simpatie uit teenoor ‘n plaasboer van Bapsfontein wat vermoedelik Dinsdagnag wreed aangeval is naby Bapsfontein.
Timothy Rademeyer en sy lewensmaat, Dirkie Voges, wat in die Welbekend-distrik naby Bapsfontein boer, is gewurg, geslaan, geskop en met messe aangeval.
Rademeyer wat in die gebied bekend is vir sy houtwerk, se gereedskap is ook gesteel. Hy is in ‘n bedenklike toestand in ‘n hospitaal opgeneem.
Die gereedskap en klein bedrag kontant wat gesteel is, regverdig nie die wreedheid van die aanval nie.
Die VF Plus het reeds gevra dat plaasmoorde en plaasaanvalle tot prioriteitsmisdaad verklaar word en daarom sal die party nie ophou om die aangeleentheid op elke moontlike platvorm te bepleit nie.
Kontaknommer: 071 640 7283