fbpx
Vryheidsfront Plus

Masilonyana besig met sinlose naamsveranderinge, eerder as dienslewering

Die VF Plus is gekant teen die Masilonyana Plaaslike Munisipaliteit se voorneme om straat- en plekname te verander.

Rdl. Koos Pienaar van die Vryheidsfront Plus meen dat hierdie veranderinge onnodig en ‘n mors van fondse is te midde van baie ernstige krisisse wat die munisipaliteit in die gesig staar.

Die VF Plus het verneem dat die munisipaliteit op 11 Februarie 2015 ‘n werkswinkel vir raadslede en ander belanghebbendes aanbied om voorgestelde naamsveranderinge te bespreek.

Die VF Plus sal hierdie naamsveranderinge teenstaan. Volgens Pienaar skuld die munisipaliteit miljoene rande aan Eskom en die Waterraad. Die munisipaliteit sukkel om basiese dienste, soos water, te lewer. Daar is dus baie krities belangrike prioriteite wat veel eerder aandag moet geniet.

Die VF Plus se standpunt is dat strate wat geen name het nie, eers name moet kry voordat bestaande strate se name verander word. Nooddienste soos die polisie en ambulansdienste het al dikwels gekla oor strate wat nie name het nie en dus hulle werk baie bemoeilik. Mense se lewens word dikwels as gevolg van geen straatname nie in gevaar gestel.

 

KOOS PIENAAR

VF PLUS RAADSLID, MASILONYANA

Sel : 083 272 8664

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.