Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Matlosana-munisipaliteit besoedel Vaalrivier

Die Matlosana-munisipaliteit is tans besig om die Vaalrivier te besoedel met onverwerkte riool. Die rioolstelsel in Stilfontein werk weinig, of glad nie, en spoel onverwerkte riool in die Koekemoerspruit wat direk vloei in die Vaalrivier. (Sien foto’s)

“Die Ouditeur- Generaal het selfs bevind dat die Matlosana-munisipaliteit hulle riool onwettig en sonder ‘n lisensie bedryf omdat hulle nie voldoen aan die vereistes om so lisensie te bekom nie,” sê Michal Groenewald, die VF Plus se raadslid vir Matlosana.

“Dit is die ANC-beheerde munisipaliteit se verantwoordelikheid om ons skaars waterbronne te beskerm en hierdie skep ‘n gesondheidsrisiko vir gebruikers van water in die Vaalrivier. Daar sal vinnig en daadwerklik opgetree moet word anders kan eise teen die munisipaliteit ingestel word wat die belastingbetaler geld gaan kos weens hulle nalatigheid.”

Die VF Plus sal ‘n klagte by die groen skerpioene lê en dit verwys na die minister van omgewingsake om die probleem aan te spreek.

 

Rdl. Michal Groenewald

079 409 8342

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Corrie Pypers

Nuwe winkelsentrum in Meyerton oorstroom

Indien die Midvaal-plaaslike munisipaliteit (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) sy stormwaterpype en -slote voor en tydens die reënseisoen onderhou het, sou die skade aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.