Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mashatile ontken realiteit oor wit ingenieurs

Adj.pres. Paul Mashatile is nie bereid om die waarheid te erken oor die tekort aan wit manlike ingenieurs in die land of die skadelike gevolge daarvan wat hoofsaaklik te wyte is aan transformasie in die tegniese bedryf nie.

Die VF Plus het adj.pres. Mashatile vandag gewys op die laaste infrastruktuur-verslag (2022) van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieurswese (Saice) waarin die kritieke tekort aan ingenieursvaardighede beklemtoon word.

Die verslag noem dat hierdie tekort een van die groot redes is vir die โ€œvervalโ€ van infrastruktuur en dat daar ล‰ โ€œkritieke tekortโ€ aan ingenieursvaardighede in die openbare sektor is.

Daar was ล‰ groot uittog van veral wit, manlike ingenieurs uit die land in die laaste twintig jaar, ook vanuit die private sektor.

In die openbare sektor is hierdie kundigheid grootliks vervang met swart en vroulike tegnoloรซ en tegnici terwyl ingenieurs toenemend minder geraak het.

Luidens die verslag is hierdie verlies aan kundigheid ook ล‰ groot terugslag vir ล‰ nuwe generasie wat die tegniese veld betree aangesien dit ล‰ vakuum aan mentorskap geskep het.

Die probleem het ook nie oornag ontstaan nie. Die instituut het tien jaar gelede al in ล‰ ope brief by die regering van pres. Jacob Zuma โ€œgepleitโ€ om meer professionele ingenieurs in staatsdepartemente aan te stel. (Netwerk24, 4 Augustus 2013: Ingenieurs pleit by regering).

Adj.pres. Mashatile leef in totale ontkenning dat wit ingenieurs verdwyn tot ernstige nadeel van die land en al sy inwoners.

Sy antwoord dat ล‰ wit ingenieur aan hoof van sy departement was terwyl hy LUR vir vervoer in Gauteng was en dat โ€œgeen wit ingenieurโ€ van die openbare sektor weggewys sal word nie, onderstreep dit. Hy het benadruk dat transformasie juis โ€œversnelโ€ moet word.

Die realiteit is dat transformasie nie werk nie. Dit is verstommend dat die regering nie bereid is om te erken dat die land se infrastruktuur in duie stort weens ล‰ gebrek aan kundigheid nie.

Alle persone, ongeag ras of geslag, moet die geleentheid gegee word om op ล‰ gelyke voet in diรฉ professie mee te ding. Suid-Afrika kan nie langer ล‰ regering bekostig wat die land laat verval ter wille van uitgediende ideologieรซ nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.