Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mafube-werkers staak – VF Plus het gewaarsku

Munisipale werkers van die Mafube-plaaslike munisipaliteit staak vandag weer omdat hul salarisse vir die tweede maand nie uitbetaal is nie en aanduidings is daar dat dit moontlik ook volgende maand sal gebeur weens die nasionale tesourie (NT) se weerhouding van fondse.

Die NT het die munisipaliteit se billike aandeel opgeskort weens die munisipaliteit se versuim om die vereiste verslae van die munisipale openbare rekeningekomitee (MPAC), die verslag oor onreëlmatige, ongemagtigde, vrugtelose en verspilde uitgawes (UIFWE), asook die dissiplinêre aanbevelings ingevolge artikel 74 van die Munisipale Finansiële Bestuurswet (MFMA) in te dien.

Vakbonde het aangekondig dat alle dienslewering gestaak word. Dit beteken inwoners van Frankfort, Villiers, Cornelia en Tweeling gaan oor die feesseisoen sonder water en basiese dienste sit.

Dit gebeur terwyl Mafube reeds onder provinsiale administrasie is – ‘n duidelike bewys dat die Vrystaatse regering nie in staat is om ’n munisipaliteit te stabiliseer of te bestuur nie.

Die VF Plus het die Vrystaatse departemente van finansies en samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) herhaaldelik gewaarsku dat Mafube op die rand van totale ineenstorting staan en nie aan die nodige wetlike voorskrifte voldoen nie, wat juis kan lei tot die weerhouding van fondse van die NT.

Die ANC het Mafube op die ergste moontlike manier gefaal en het eenvoudig nie die vermoë om sy eie wanbestuur reg te stel nie.

Die VF Plus het intussen die Vrystaatse LUR van Cogta, Saki Mokoena, genader vir onmiddellike ingryping.

Hy het onderneem om met die NT tot ’n vergelyk te probeer kom, maar die werklikheid is dat net ’n nuwe regering Mafube en sy inwoners uit hierdie krisis kan red.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.