fbpx
Vryheidsfront Plus

LUR dink hy is verhewe bo die wet

Die LUR vir Polisie, Paaie en Vervoer in die Vrystaat, Mnr. Butana Komphela, verstaan die wet verkeerd. Die ANC-regering moet besef dat volgens die grondwet almal gelyk is voor die gereg en dat hul nie verhewe is bo landswette nie.

LUR Komphela het volgens Volksblad gesê dat volgens die wet BBP-persone die spoedgrens mag oorskry as hul met amptelike take besig is. Nie die Nasionale Padverkeerswet (Wet 93 van 1996) of die Polisiedienswet (gewysig)(Wet 10 van 2012) of enige ander wet maak egter hiervoor voorsiening nie.

Die wet maak voorsiening vir polisie- en verkeersbeamptes om tydens die uitvoer van hul amptelike pligte, indien dit vereis sou word, die spoedgrens te oorskry en ander padverkeerswette te verontagsaam. Hierdie verontagsaming mag dus slegs in noodtoestande geskied.

Die wet maak voorsiening dat polisie- en verkeersbeamptes wat getaak is om ministers, LUR’e, ens. te beskerm die spoedgrens mag oorskry en/of ander padverkeerswette mag verontagsaam indien die betrokke BBP se lewe bedreig word. ’n LUR of minister wat laat is vir ’n vergadering kan nie as ’n noodgeval gesien word nie.

LUR Komphela is dus verkeerd as hy dink dat hy en sy kollegas teen 200 km/h mag ry as hul laat is vir afsprake.

 

WOUTER WESSELS, LPW

Kontaknommer: 082 674 6670

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.