Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Limpopo: VF Plus nader premier om hulp nadat twee brûe wegspoel by Leeupoort-vakansiedorp

Die VF Plus het die premier van Limpopo, dr. Phophi Ramathuba, genader om dringend in te gryp by die Thabazimbi-plaaslike munisipaliteit (Northam, Rooiberg, Leeupoort) se vakansiedorp Leeupoort nadat twee belangrike brûe weggespoel het en inwoners gestrand gelaat is.

Die premier het dadelik aksiestappe geneem en die departement van openbare werke sal spoedig begin met herstelwerk en tydelike oplossings.

Met die onlangse swaar reën in die provinsie het die Krokodilrivier sy walle oorstroom en is paaie in die omgewing sedert verlede week soms tydelik gesluit vir motoriste se veiligheid.

Boonop het die erge vloede kragpale en waterpype beskadig en is inwoners van Leeupoort sonder krag- en watertoevoer.

Die party het ook van inwoners verneem dat verteenwoordigers van die premier se kantoor hulle oor die naweek besoek het om enige onmiddellike behoeftes aan te hoor en bystand te bied.

Leeupoort-vakansiedorp het sowat 800 inwoners, meestal pensioenarisse.

Die VF Plus se plaaslike raadslid in Thabazimbi, Frik Erasmus, is deurentyd in kontak met die gemeenskap van Leeupoort. Hy is tans besig met reëlings om klip en gruis in die hande te kry om te help met die herstel van paaie.

Die party is dankbaar dat Ramathuba dadelik gereageer het op die party se versoek en haar woord gestand gedoen het.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.