Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Limpopo: Slaagsyfer beter, maar werkloosheid steeds groot probleem

Die VF Plus in Limpopo wens die matriekklas van 2024 geluk met hul uitslae, maar is bevrees dat die arbeidsmark in die provinsie nie vir almal deure sal kan oopmaak nie.

Limpopo se slaagsyfer van 85.01% vir 2024 is ‘n verbetering van 5.51% op die 79.5% van 2023.

Werkloosheid is landwyd ’n groot probleem en die VF Plus is bekommerd oor die tekort aan geleenthede vir hardwerkende jongmense wat dit verdien om te werk en ‘n inkomste te verdien.

Hierdie realiteit beteken dat die meerderheid jongmense na ’n jaar of twee hul motivering gaan verloor om aan te hou werk soek in die swak ekonomiese arbeidsomgewing.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.