fbpx
Vryheidsfront Plus

Lesufi se aanval op Afrikaanse skole op valshede gegrond

Die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, se soveelste klap na Afrikaanse en enkelmediumskole is gegrond op die valse aanname dat dié skole ander leerlinge toegang tot onderrig ontsê. Dit is onwaar en is goedkoop politiekery van die LUR om sy eie onvermoë te verbloem.

Net 6% van alle openbare skole is nog Afrikaans en dit kan daarom onmoontlik 'n negatiewe effek op ander se toegang tot skoolonderrig hê.

Statistiek in dié verband is deur Lesufi self aan die VF Plus verskaf in antwoord op 'n skriftelike vraag.

Lesufi het ook erken dat bestaande skole in arm gebiede onderpresteer. Hy verskaf dit as rede waarom ouers hul kinders inskryf by beter presterende skole wat verder van hulle geleë is.

Dit is ook 'n feit dat nuwe skole te stadig gebou word. Die Gauteng-wetgewer se portefeuljekomitee oor onderwys het al 'n paar keer sy kommer in dié verband uitgespreek.

Gegewe hierdie erkennings is dit duidelik dat die probleem nie by Afrikaanse of enkelmediumskole lê nie, maar by die gebrekkige leierskap van Lesufi self.

Navrae: 082 391 3117

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.