Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Lesedi-munisipaliteit indirek aandadig aan vandalisme van infrastruktuur

Die VF Plus in die Lesedi-plaaslike munisipaliteit (Heidelberg, Viskuil, Devon) eis dat die munisipaliteit meer moet doen om die toename in diefstal van infrastruktuur hok te slaan.

Oor die laaste paar weke is daar ‘n aansienlike toename in vandalisme van elektristeitskaste in verskillende woongebiede in Heidelberg.

Sommige nagte word ses tot tien van dié kaste van elektrisiteitsmeters en bedrading gestroop, en in die meeste gevalle word die inwoners eers die volgende oggend van dié diefstal bewus.

Die koste om die gesteelde elektrisiteitsmeters te vervang, plaas bykomende druk op ‘n munisipaliteit wat reeds finansieel sukkel en neem soms tot vyftien ure om te herstel.

Die VF Plus eis dat die munisipaliteit stukkende straatligte herstel en die gras rondom dié kaste sny.

Indien die munisipaliteit versuim om dit onverwyld te doen, is hulle indirek aandadig aan die vandalisme aangesien ‘n donker straat en ‘n beboste omgewing ‘n ideale omgewing vir booswigte skep om die elektrisiteitskaste te plunder.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.