Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Leer lesse uit verlede om plaasmoord-probleem op te los

Nouer samewerking tussen die openbare sektor – die polisie – en die privaatsektor – die landbouers en plaaswerkers – is die enigste manier hoe plaasmoorde en veiligheid in die landelike gebiede verbeter sal kan word. In hierdie opsig moet lesse uit die verlede geneem word toe die kommandostelsel suksesvol was om misdaad in plattelandse gebiede te bekamp, volgens dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier.

Dr. Mulder het aan ‘n debat in die Diskoers-reeks by Aardklop oor grondhervorming en plaasmoorde deelgeneem. Die minister van polisie, mnr.Nkosinathi Nhleko, was ook ‘n deelnemer aan die debat.

“Waar ongeveer 50 uit elke 100 000 polisielede in Suid-Afrika vermoor word, is die syfer vir landbouers meer as 100 per 100 000. Dit beteken dat dit twee keer meer gevaarlik is om vandag ‘n landbouer in Suid-Afrika te wees as ‘n polisielid. Toe daar verlede jaar ‘n vlaag moorde op polisielede was, het die destydse minister onmiddellik ‘n spesiale beraad oor die probleem gereël. “Waarom word die posisie van landbouers nie op dieselfde wyse as ‘n prioriteit hanteer nie?” wou dr. Mulder weet.

Dr. Mulder wou ook weet waarom die nasionale polisiehoof, genl. Riah Phiyega, syfers aan die Menseregtekommissie oor plaasmoorde kon gee terwyl die polisie deurlopend op vrae in die parlement hieroor antwoord dat daar nie afsonderlike moordsyfers hieroor beskikbaar is nie.

Die skep van amptelike veiligheidstrukture op plaaslike vlak bestaande uit landbouers en plaaswerkers as reserviste en die polisie is die rigting waarin gedink moet word om die huidige plaasmoordprobleem op te los, volgens Mulder.

 

Kontaknommers: 083 419 5403 / 082 674 6670

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Corrie Pypers

Nuwe winkelsentrum in Meyerton oorstroom

Indien die Midvaal-plaaslike munisipaliteit (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) sy stormwaterpype en -slote voor en tydens die reënseisoen onderhou het, sou die skade aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.