Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Lank verwagte Kgodumodumo Dinosourus-besoekersentrum eindelik geopen

Die VF Plus verwelkom die uiteindelike opening van die Kgodumodumo Dinosourus-interpretasiesentrum in die Golden Gate-Hoogland Nasionale Park in die Oos-Vrystaat.

“Kgodumodumo” verwys in die Basotho-kultuur na ’n monster wat als om hom verslind.

Die nasionale raad van provinsies (NRP) se gekose komitee vir ekonomiese ontwikkeling, met ’n oorsigrol oor die departement van toerisme, het die geleentheid bygewoon.

Na vorige mislukte pogings het die departement daarin geslaag om ’n goeie interaktiewe sentrum op die been te bring. Dit is gevul met moderne lewensgetroue voorstellings van oeroue diere wat hierdie omgewing voorheen bewoon het.

‘n Oogmerk van die projek, waarvan die koste uiteindelik die begrote R83 miljoen oorskry het, is om die plaaslike gemeenskap te bevoordeel. Gemeenskapsprojekte ontvang 5% van die wins.

Soortgelyke toerismeprojekte in die Vrystaat het egter in die verlede nie aan verwagtinge voldoen nie. Die Vredefortkoepel-projek staan byvoorbeeld tans verwaarloos en verlate.

Die VF Plus verwelkom goed bestuurde en suksesvolle opheffingswerk, mits dit onderhou word en daar met die doelstellings van die projek geslaag word.

Die party moedig mense aan om Clarens, die Golden Gate-Hoogland Nasionale Park en hierdie sentrum te besoek.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Ben van der Berg

Welverdiend steeds sonder krag

Die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) sleep steeds voete met die vervanging van ʼn transformator by die Frikkie-substasie in Welverdiend. Dié substasie, wat krag aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.