Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Krane in Bloemfontein loop (weer) leeg weens ANC se onvermoë en Bloemwater se onwettige optrede

Die Mangaung metro-munisipaliteit en Bloemwater is weereens die oorsaak dat inwoners van Bloemfontein se reg op toegang tot water geskend word met nog ‘n waterkrisis wat die metro in die gesig staar.

Waterverbruikers van Bloemfontein word weereens geaffekteer deur die voortslepende finansiële verknorsing waarin die metro hom bevind.

Die VF Plus sal 'n dringende aansoek in die Hooggeregshof bring om Bloemwater te dwing om die watertoevoer te herstel en voortaan genoegsame kennis aan inwoners, soos deur wetgewing vereis, te gee alvorens die watertoevoer verminder word.

Inwoners van Bloemfontein se watertoevoer is Dinsdag deur Bloemwater gestaak weens die feit dat Mangaung nie sy betalingsooreenkoms nakom nie. Hierdie betalingsooreenkoms is deur die metroraad goedgekeur en dus minag die stadsbestuurder hierdie raadsbesluit.

Bloemwater is net so skuldig in die waterkrisis, aangesien dit wil voorkom of nóg die munisipaliteit, nóg inwoners in kennis gestel is van dié waterverskaffer se voorneme om watertoevoer in die metro te staak. Dit wil ook voorkom of die watertoevoer slegs na Bloemfontein self gestaak is en nie na die groter Mangaung-area nie.

Nie net word inwoners se grondwetlike reg tot toegang tot water ontneem nie, maar betalende inwoners word vir die soveelste keer gestraf weens die ANC se onvermoë om die metro se finansies te bestuur.

Dit verduidelik waarom die uitvoerende burgemeester van die Mangaung metro-munisipaliteit, Olly Mlamleli, nie ‘n VF Plus-versoek tot ‘n openbare vergadering om die voorstlepende finansiële en waterprobleme aan inwoners van Bloemfontein te verduidelik, wou toestaan nie.

 

Kontakbesonderhede: 082 674 6670

 

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.