Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Kragonderbreking laat groot dele van Kemptonpark in die donker

ʼn Kragonderbreking van 55 uur in dele van Kemptonpark het opnuut onderstreep in watter swak toestand die kraginfrastruktuur van die Ekurhuleni-metro is.

Duisende inwoners van Birchleigh-Noord en dele van Birchleigh, Glen Marias en Norkempark is hierdeur geraak.

Die onderbreking op 23 Februarie is veroorsaak toe panele in die Rietfontein-88/66kV Stepdown-substasie ontplof het. Dit het gebeur kort nadat die krag ná ‘n fase 6-beurtkragonderbreking herstel is. Kragtoevoer is eers gisteraand laat herstel.

Tydens dié onderbreking is vier voorvalle van kabeldiefstal aangemeld en is ʼn mini-substasie in Birchleigh-Noord gevandaliseer.

Die VF Plus het al herhaaldelik die raad versoek om die 78 jaar oue kraginfrastruktuur van Kemptonpark op te gradeer om so ʼn stabiele kragnetwerk te verseker.

Die party eis ‘n volledige ondersoek na die paneelontploffing by die substasie en ‘n dringende infrastruktuurherstelplan.

Sonder daadwerklike optrede sal Kemptonpark voortdurige kragonderbrekings ervaar.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.