Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Kragdiewe moet vasgevat word: Mabuza

Dit is onaanvaarbaar dat eerbare betalers ly onder die werk van oneerlike persone wat krag steel en dié wetteloosheid kan nie langer toegelaat word nie. Munisipaliteite moet ook strenger optree en toesien dat mense wat krag ontvang, daarvoor betaal.

Adjunkpresident David Mabuza het dié antwoord vandag verskaf op ‘n vraag van die VF Plus oor wat die regering doen om die probleem van grootskaalse kragdiefstal deur onwettige aansluitings, te verminder.

Met Eskom se besluit om slegs die minimum-hoeveelheid krag te verskaf aan munisipaliteite wat agterstallige Eskom-rekenings het, word inwoners wat hul rekeninge pligsgetrou betaal en sake-ondernemings onregverdiglik gestraf vir munisipale wanbestuur, korrupsie, diefstal, bedrog en nepotisme.

Die antwoord van die adjunkpresident klink goed, maar die VF Plus is skepties oor die uitvoering daarvan aangesien daar oor 26 jaar niks aan die probleem gedoen is nie.

Beurtkrag dien as bewys hiervoor. Adjunkpresident Mabuza is nogtans nou op rekord oor optrede rakende die kwessie en die VF Plus sal hom opneem daaroor.

Navrae: 079 409 8342

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Corrie Pypers

Nuwe winkelsentrum in Meyerton oorstroom

Indien die Midvaal-plaaslike munisipaliteit (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) sy stormwaterpype en -slote voor en tydens die reënseisoen onderhou het, sou die skade aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.