Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Krag- en waterkrisis lê Mangaung se noorde lam

Inwoners van Bloemfontein se noordelike voorstede ly weereens onder grootskaalse kragonderbrekings en watertekorte.

Die jongste probleme het Saterdag om 18:00 begin en Maandagaand vererger toe die Bayswater-substasie aan die brand geslaan het.

Dié substasie voorsien elektrisiteit aan die Maselspoort-watersuiweringsaanleg. Sonder krag kon die pompe nie funksioneer nie, wat groot dele van Bloemfontein sonder water gelaat het. Voor die brand was herstelwerk reeds aan die gang by die Bayswater-substasie, maar die brand het die proses verder vertraag.

Die VF Plus het lankal gewaarsku dat kritieke infrastruktuur soos watersuiweringsaanlegte oor betroubare noodkrag en reserwe-kragstelsels moet beskik.

Hierdie voorval is nie bloot tegniese ongeluk nie, maar die direkte gevolg van jare se swak beplanning en gebrekkige onderhoud.

Dit is die munisipaliteit se plig om noodplanne te hê wat moet voorkom dat ’n enkele transformator-fout ’n hele gebied tot stilstand bring.

Die VF Plus het reeds in ’n skrywe aan die munisipale bestuurder, mnr. Sello More, en die hoof uitvoerende beampte, mnr. Malefane Sebokwana, geëis dat ’n volledige lys van verouderde infrastruktuur opgestel word met duidelike beplanning en begroting vir opgraderings.

Die party wil ook antwoorde hê oor wat presies verkeerd geloop het by Bayswater, waarom herstelwerk so lank duur en wie aanspreeklik is vir die brand.

Dit is onaanvaarbaar dat Centlec ook nie oor ʼn noodplan beskik om die tipe krisisse te hanteer nie. Tydens kragonderbrekings moet beurtkrag-stelsels voorsien word wat beperkte krag aan verskillende areas gee, met duidelike kommunikasie sodat inwoners kan voorberei om skade te beperk.

Inwoners mag nie telkens die prys betaal vir swak bestuur nie.

Hierdie krisis is die direkte gevolg van die ANC se jarelange wanbestuur, verwaarlosing van infrastruktuur en ’n gebrek aan beplanning.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.