fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Korrupsie met tenderprosesse tydens Covid-19-pandemie te wagte: VF Plus verwelkom SOE-ondersoek

Teen die agtergrond van die kultuur van stroping en korrupsie wat onder ANC-bewind vaardig geraak het, was grootskeepse korrupsie met tenderprosesse tydens die Covid-19-pandemie te wagte. Die VF Plus verwelkom daarom die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) se ondersoek oor die aangeleentheid.

Tydens ’n aanlyn-sitting van die parlementêre portefeuljekomitee oor justisie en korrektiewe dienste vandag het dit aan die lig gekom dat die SOE reeds met die Valke in gesprek getree het oor “ernstige bewerings” van ongerymdhede met tenders wat betrekking het op die pandemie.

Volgens adv. Anthony Mothibi, hoof van die SOE, handel die bewerings oor tenderprosesse in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap en raak dit beskermende kleredrag en kospakkies. Ingevolge die rampregulasies mag staatsentiteite tenderprosesse bespoedig.

Die nasionale tesourie het wel streng maatreëls uitgereik om korrupsie te verhinder, maar dit het oor die jare duidelik geraak dat staatsinstellings tot so ‘n mate gerysmier is van korrupte amptenare dat geen maatreël, hoe streng ook al, dit sal kan stuit nie.

Dit is voor die hand liggend dat die bespoediging van tenders die deur wawyd sou opmaak vir bedrog en korrupsie en die vraag kan gevra word hoeveel van die hoofsaaklik geleende R800 miljard se rampgeld aan korrupsie verlore gaan.

Die VF Plus sal vrae oor die aangeleentheid rig in die betrokke parlementêre komitee, maar kan by voorbaat die SOE aanbeveel om sy net veel wyer te span as net KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap.

Die tragedie van die aangeleentheid is dat geld wat op gewetenlose wyse gestroop word, van kritieke belang is om lewensnoodsaaklike dienste te lewer, om sake-ondernemings van ondergang te red en om kos in honger mense se monde te sit.

Die VF Plus sal daarom uit sy pad gaan om toe te sien die regte vrae oor die aangeleentheid word gevra en dat die saak met die nodig aandag en dringendheid ondersoek word.

Kontaknommers: 082 466 3786 / 062 391 1804

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.