fbpx
Vryheidsfront Plus

Korona: Onsekerheid oor regulasies onaanvaarbaar en kan lei tot vrees en paniek

Die VF Plus verwelkom die inperking van beweging om die verdere verspreiding van die koronavirus te voorkom, maar die oponthoud met betrekking tot die publikasie van die regulasies wat die inperking duidelik uiteen sit, is onaanvaarbaar en kan lei tot verwarring en paniek.

Absolute duidelikheid moet nou hieroor gegee word, asook oor die finansiële ondersteuning aan kleinsakeondernemings en presies wat die maatreëls en voorwaardes daaraan verbonde is.

Die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald, het reeds met die kantoor van president Cyril Ramaphosa geskakel aangaande gerugte dat die regering slegs ondersteuning sal bied aan kleinsakeondernemings met swart eienaarskap van 51% of meer. Hierdie gerug word ten sterkste ontken.

Wat algemene maatreëls aanbetref rakende sake-ondernemings, moet in gedagte gehou word dat die pandemie nie onderskei tussen ras, geslag of status nie en dit sou onaanvaarbaar wees om enige Swart Ekonomiese Bemagtigings (SEB)-maatreëls toe te pas. Alle kleinsake-ondernemings dra by tot werkskepping en die uitbou van die ekonomie van Suid-Afrika.

Sou die VF Plus daarvan bewus raak dat SEB op enige wyse in rol speel in hulppakette, sal die party dit bekend maak en alles in sy vermoë doen om dit te beveg.

Die VF Plus sal druk op die regering sit om die finale maatreëls en regulasies as ‘n saak van die uiterste dringendheid te publiseer en sal dit deeglik monitor vir enige onreëlmatighede.

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.