Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Konstruksiemaatskappy verdwyn met R21 miljoen van pad-rehabilitasiegeld in Mpumalanga – LUR moet antwoorde verskaf

Met 'n oorsigbesoek van Mpumalanga se wetgewer-portefeuljekomitee vir openbare werke, paaie en vervoer aan die Nkomazi-streek, is bevind dat die rehabilitasie van die D2950-pad tussen Mtata en Mananga, toegeken is aan 'n kontrakteur wat ‘n betaling van meer as R21 miljoen ontvang het, maar minder as R1 miljoen se werk gedoen het.

Die VF Plus het ernstige vrae hieroor aangesien die staat nie mag betaal vir werk wat nog nie gedoen is nie, tensy die projekingenieurs skriftelik toestemming gee dat die voltooide werk van goeie gehalte is en dat die hoeveelheid werk wat aan die projek gedoen is, die betaling regverdig.

Die party het ook ‘n skrywe gerig aan die LUR van die departement, Gillion Mashego, oor watter maatreëls getref is om die geld van die kontrakteur te verhaal aangesien die projek weer op tender uitgesit is en in Mei 2021 aan ‘n nuwe kontrakteur toegeken sal word.

Daar sal ook vrae gestel word rakende die departement se projekbestuurspan wat in die beste belang van die staat moet optree en dié spesifieke betaling gemotiveer het.

‘n Klag gaan ook ingedien word by die Ingenieursraad van Suid-Afrika teen die raadgewende ingenieursfirmas weens die onreëlmatige betaling aan die kontrakteur.

Op grond van die antwoorde, sal die VF Plus die Valke vra om die saak volledig te ondersoek en die nodige stappe teen die skuldige partye te neem.

Die VF Plus sal alles in sy vermoë doen om korrupsie met wortel en tak uit te roei en die skuldiges aan die pen te laat ry.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.