fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Kommissie vir Gelyke Indiensneming (KGI) is gebrekkig saamgestel en mislei mense jaar na jaar met swak en verkeerde data

Die Kommissie vir Gelyke Indiensneming (KGI) manipuleer statistiek en skets weereens met swak en verkeerde data ‘n misleidende prentjie van die Suid-Afrikaanse werkplek om regstellende aksie (RA) onbepaald aan die lewe te hou, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor ekonomie.

Hy sê dit is veral tragies dat die land se amptelike opposisie, die DA, die ANC-regering gesteun het om wette te maak wat oënskynlik onbepaald teen die Afrikaner en ander minderhede gaan diskrimineer.

Volgens adv. Alberts het die KGI se onlangse veertiende jaarverslag weer eens fel kritiek vanuit verskeie oorde ontlok oor ‘n verskeidenheid aspekte – van die politieke samestelling van die kommissie, die kundigheid van sy lede en die akkuraatheid en manipulering van statistiek.

Van die felste kritiek kom van me. Janine Myburg, president van die Kaapse Kamer van Handel en Nywerheid, wat aan die VF Plus sê die verslag weerspieël nie die ware toedrag van sake nie en dra nie werklik by tot die sinvolle ontwikkeling van die land se werksmag nie.

Luidens die verslag domineer wit mense steeds senior bestuursposisies in die land met 62,7% terwyl swart mense minder as 20% is. Indiërs se persentasie is 8.3%, bruines 5.1% en buitelanders 4.1%.

Dit blyk uit die verslag ook dat daar in 2013 selfs ‘n vermindering in die persentasie was wat swartes aanbetref.

Adv. Alberts sê dit is futiel om net na syfers van mense in top-poste te kyk, daar moet eerder gefokus word op opleiding om sodoende op ‘n natuurlike wyse meriete-aanstellings te kry.

“Dit laat ‘n mens dink aan sportminister Fikile Mbalula se onsinnige uitsprake verlede week dat daar 60% swart spelers in die land se nasionale sportspanne moet wees. Indien dit lukraak toegepas word, sal die spanne nie op ‘n hoë vlak kan meeding nie, en sal hulle swak presteer.

“Dit is presies wat in die sakewêreld sal gebeur. Groot ondernemings sal verbrokkel met ‘n swak-presterende bestuurskorps wat slegs op grond van kleur aangestel is. Die verskil met sport is egter dat hier miljarde rande en Suid-Afrika se ekonomie op die spel is. Meriete is in hierdie omgewing nie onderhandelbaar nie,” sê adv. Alberts.

 

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.