fbpx
Vryheidsfront Plus

“Kill the boer” kan as niks anders as haatspraak beskou word nie

Die VF Plus is teleurgesteld in die uitspraak van die Gelykheidshof in Johannesburg wat vandag verklaar het die slagspreuk en die sing van die struggle-lied ‘’Kill the boer” is nie haatspraak nie.

Regter Edwin Molahlehi het laat blyk dat daar wel tegniese punte is wat die uitspraak rig soos die feit dat daar volgens hom nie genoegsame bewyse gelewer is dat die lied wel op haatspraak neerkom nie.

Die werklikheid is dat die VF Plus reeds aan die begin van 2000 hierdie slagspreuk tot haatspraak verklaar gekry het deur die menseregtekommissie (MRK). Dit is daarom moeilik om te verstaan waarom die Gelykheidshof nou bevind dit is nie haatspraak nie.

Die polisie het in 2003 ’n verslag onder kommissaris Jackie Selebi as nasionale kommissaris uitgereik oor plaasaanvalle en -moorde. Daarin is ook bevind dat uitsprake van politici mense aanhits tot geweld en een van die oorsake vir plaasaanvalle en -moorde is.

AfriForum het aangedui dat hy appèl gaan aanteken teen die uitspraak en die VF Plus sal wil sien dat die saak tot in die Grondwethof beveg moet word.

Indien hierdie slagspreuk as wettig beskou word, gaan dit geweldige konflik en tweespalt in Suid-Afrika veroorsaak aangesien ander groepe geneë sal voel om soortgelyke negatiewe en kwetsende uitsprake te gebruik.

Dit is totaal onaanvaarbaar dat die lied met die woorde wat ’n duidelike aanhitsing is om boere te vermoor, bloot as ’n sogenaamde “struggle-lied” beskou kan word.

Die omstandighede in Suid-Afrika het ná 28 jaar van demokrasie ’n punt bereik waar daar nie meer plek is vir opruiende uitsprake nie.

Dit mag nie geduld word nie en die VF Plus is van mening dat die lied beslis ’n aanhitsing tot geweld is en dat dit ’n toename in plaasaanvalle en -moorde sal veroorsaak sou dit gewettig word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.