fbpx
Vryheidsfront Plus

Kieswet-wysigingswetsontwerp hou ernstige risiko in vir integriteit van verkiesings

(Debat in parlement oor Kieswet-wysigingswetsontwerp)

Wetgewing wat die grondslag van Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie kan beïnvloed, kan nie binne 'n paar weke voldoende deur die publiek oorweeg word nie, veral nie indien dit die weg baan vir die toekomstige ondermyning van vrye en regverdige verkiesings nie.

Die Kieswet-wysigingswetsontwerp soos deur die minister voorgestel, doen presies dit, en dit word gedoen sonder voldoende insette en toesig. 

Tydens die wysigingsproses van die Kieswet was dit duidelik dat daar openbare besorgdheid bestaan oor die wetsontwerp, veral weens die klousules wat die onafhanklike verkiesingskommissie (OVK) wil bemagtig om ‘n ander stemmetode voor te skryf vir nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsverkiesings. 

Daar is veral kommer oor die toekenning van mag aan die OVK om eensydig 'n ander stemmetode voor te skryf. Dit sou strydig wees met die Grondwet wat vereis dat die besonderhede van die kiesstelsel in nasionale wetgewing voorgeskryf moet word ná 'n proses van openbare deelname.

Daarbenewens blyk dit dat die wetsontwerp die deur oopmaak vir die instelling van 'n elektroniese stemstelsel. Dit wek die kommer dat sodanige stemstelsel in die afwesigheid van die nodige waarborge tot verkiesingsbedrog kan lei en die regverdigheid van verkiesings kan ondermyn.

Die uitspraak van die Grondwethof was baie duidelik dat 'n kieserslys die adresse van geregistreerde kiesers moet bevat.

Die OVK se mandaat om 'n ander stemprosedure voor te stel vir kiesers op die kieserslys sonder adresse, skep twee klasse kiesers wat vir die VF Plus nie aanvaarbaar is nie. Alle kiesers moet gelyk behandel word.

Hierdie wysigingswetsontwerp hou ‘n ernstige risiko in vir die integriteit van verkiesings.

Hierdie is ‘n siniese poging om weg te doen met die oorblywende oorblyfsels van demokratiese aanspreeklikheid in Suid-Afrika deur ‘n funksie oor te dra wat na regte behoort te berus by ‘n entiteit wat demokraties verantwoordelik is aan die mense van Suid-Afrika.

Die VF Plus sal toesien dat die besonderhede van die kiesstelsel grondwetlik gereserveer word vir die parlement met 'n statutêre raamwerk sonder dat daar aan die OVK magte verleen wat strydig is met die Grondwet.

Die party sal verder toesig hou dat enige stemmetode wat die OVK mag instel, nie afwyk van die wetlik voorgeskrewe stemprosedure nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.