fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Kabinetskommeling openbaar die krake in Gautengse ANC

Die skommeling van die Gautengse provinsiale kabinet deur die premier, David Makhura, het duidelik die krake geopenbaar wat tans in die ANC heers in die provinsie.

Met die afdanking van mnr. Bandile Masuku as LUR vir gesondheid, is die slagordes opgestel deur veral die ANC-jeugliga en die anti-Makhura-faksie in Gauteng. Die stryd het vandag gekulmineer in die aanstelling van dr. Nomathemba Mokgethi as LUR vir gesondheid en mnr. Parks Tau as die nuwe LUR vir ekonomiese ontwikkeling, landbou en omgewing.

Luidens mediaberigte het die jeugliga dit baie moeilik vir die premier gemaak om ANC-lede van buite die wetgewer te oorweeg vir LUR-poste aangesien dit sou vereis dat van die jonger ANC-jeugliga-lede moet bedank as LPW’s om plek te maak vir sogenaamde buitestaanders.

Die jeugliga-lede het tot dusver geweier om te bedank om op dié wyse die ouer garde geleentheid te gee om terug te kom terwyl die jeug, volgens die jeugliga, eerder bevorder moet word.

Desnieteenstaande het premier Makhura aangekondig dat hy Parks Tau, wat tans dien as adjunkminister van samewerkende regering en tradisionele sake, gaan aanstel as LUR.

Verder het ondersteuners van Masuku dit duidelik gemaak dat hulle premier Makhura gaan verwyder tydens die ANC se 2022-verkiesingskonferensie.

Die VF Plus neem kennis van die intriges wat waarskynlik die ANC verder kan verswak tydens die 2021 plaaslike regeringsverkiesing en sal die twee nuwe LUR'e monitor aangesien hulle belangrike poste beklee.

Dr. Mokgethi gaan 'n baie moeilike portefeulje bestuur wat bo en behalwe die gewone uitdagings van 'n falende openbare gesondheidstelsel met die COVID-19-pandemie sal moet handel.

Mnr. Tau het as vorige burgemeester van Johannesburg nie daarin geslaag om veel ekonomiese ontwikkeling te laat geskied nie en daarom is daar twyfel of hy, nieteenstaande sy ervaring in ekonomiese portefeuljes, die regte persoon is om Gauteng se sukkelende ekonomie reg te ruk.

Die VF Plus sal soos altyd as verantwoordelike en effektiewe opposisie in die wetgewer sorg dat die LUR'e verantwoordbaar gehou word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.