Die Karoo Hoogland-plaaslike munisipaliteit, wat uit Sutherland, Williston en Fraserburg bestaan, is Vrydag tydens ‘n spesiale raadsvergadering uit die ANC se hande gered.
Tot en met die volgende plaaslike verkiesing in 2026 sal die VF Plus-raadslid die speaker wees, terwyl die PA en DA elk helfte van die tyd die burgemeesterstoel sal beset.
Hierdie wending volg op ‘n tussenverkiesing in Sutherland, waar die PA met sy twee vennote se hulp die ANC verslaan het. Dit volg op ‘n periode van administratiewe verlamming onder ANC-regering.
Inwoners van Karoo Hoogland sal ervaar dat die VF Plus vir hulle veg.