Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Johannesburg kan nie meer van krisis tot krisis voortstrompel

Die VF Plus het gister in reaksie op die Johannesburgse stadsrede die burgemeester gewaarsku dat die stad nie van krisis tot krisis kan voortstrompel nie. Die ANC-regerende party moet begin om ongewilde besluite te neem om die stad van ondergang te red.

Die party het in sy repliek die burgemeester, Dada Morero, herinner aan die agterstand in die onderhoud van slaggate en die herstel van ʼn magdom verkeers- en straatligte wat buite werking is.

Morero het in sy stadsrede genoem dat niemand in Johannesburg honger moet gaan slaap nie. Die party se reaksie is dat maatskaplike toelae nie ‘n oplossing is nie en die stad se ekonomie eerder gestimuleer moet word om ware werksgeleenthede te skep.

Hy het erken dat die stad se finansies tans onstabiel is en die VF Plus het gemaan dat die party twee weke gelede ʼn verwerkte begroting en oplossing vir kapitale besteding aan hom voorgelê het.

VF Plus het gewaarsku dat Johannesburg geen kapitaal in sy eie projekte belê nie en daar slegs gesteun word op die miljarde in lenings en aalmoese van provinsiale en nasionale toelae.

Die stadsrede het verwys na die middestad se herlewing, maar die VF Plus glo dat herlewing net kan plaasvind wanneer misdaad in bedwang is en die stad netjies gehou word. Alleenlik dan kan ontwikkelaars na die gebied gelok word.

Op die burgemeester se voorstel dat informele nedersettings van krag voorsien moet word, het die party hom oor die vingers getik en gevra of die inwoners in staat is om vir dienste te betaal en dat dit ʼn kultuur van nie-betaling sal aanmoedig.

Die Roodepoort se C-streek het een van die hoogste invorderingskoerse. Die VF Plus het voorgestel dat 20% se belastinggeld uit die streke van Roodepoort, Randburg, Sandton en Midrand afgekamp word om bestee te word op onderhoud en infrastruktuur in die streke.

Die burgemeester het gedurende die vergadering die stad se omkeerplan-voorstelle wat in ʼn ʼn epos aan president Cyril Ramaphosa gestuur is, op ʼn groot skerm vertoon. Dit is jammer dat raadslede nie die inhoud kon sien nie.

Die VF Plus hoop die volgende punte is deel van die omkeerplan:
• Die invordering van uitstaande skuld.
• Die herevaluering van die stad se verkrygingskettingproses.
• Streng optrede teen kabeldiewe.
• Stop nuwe projekte en bestee geld aan onderhoud van agterstallige infrastruktuur.
• Vind maniere om eie kapitaal te genereer en moenie staatmaak op provinsiale en nasionale toelae nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Jennifer Glover

Ekurhuleni-paaie in ʼn krisis

Die toestand van paaie in die Ekurhuleni-metro versleg daagliks; die direkte gevolg van onbehoorlike beplanning, onderfinansiering en wanbestuur. Die meeste paaie in die metro is

LEES MEER

Switching language?

You've switched the language and there are items in the cart. If you keep the Afr language, the cart will be emptied and you will have to add the items again to the cart.

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.