Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

JB Marks-burgemeester deel van aansuiweringsbegroting-proses nieteenstaande strafsake teen hom

Dit is onaanvaarbaar dat amptenare en politici wat betrokke is in strafsake oor wanbestuur en korrupsie wat voortspruit uit hul werk, toegelaat word om voort te gaan met hul werk en die bestuur van munisipaliteite waar hulle betrokke is.

Die burgemeester van JB Marks-plaaslike munisipaliteit, mnr. Kgotso Khumalo, staan tans tereg op aanklagte van finansiële wanbestuur en bedrog rondom die toekenning van kontrakte wat voortspruit uit sy werk as burgemeester van die munisipaliteit.

Nogtans dien hy tans steeds as burgemeester en is hy betrokke by die huidige aansuiweringsbegroting-proses waar aanpassings juis gedoen word rakende kontrakte.

Khumalo se aanvanklike borgtogvoorwaardes het hom toegang tot die munisipale kantore verbied, maar dit is verander nadat hy teen die voorwaardes appèl aangeteken het. Dit is toegestaan en hy is nou weer ten volle betrokke by die werksaamhede van die munisipaliteit.

Daar sal dringend gekyk moet word na beleid en wetgewing, soos in die arbeidsreg, wat riglyne verskaf oor politici wat in ‘n staat van strafregtelike beskuldiging staan en die uitvoering van hul pligte.

Een van die groot probleme met plaaslike regering is dat die ANC hierdie wetlike riglyne slegs as voorskriftelik beskou en dit nie eerbiedig as wetgewing nie.

‘n Goeie voorbeeld van die ANC se houding teenoor persone wat weens strafregtelike oortredings vervolg word, is Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, wat steeds op hoogste vlak voortgaan met sy pligte in dié party nieteenstaande ernstige aanklagte teen hom

Wat Khumalo aanbetref, is die VF Plus se mening dat die aansuiweringsbegroting ongeloofwaardig gaan wees vanweë sy betrokkenheid in die samestelling daarvan.

Die VF Plus gaan die ouditeur-generaal (OG) vra om die besteding van JB Marks se aansuiweringsbegroting noukeurig dop te hou. Die party gaan die nasionale tesourie ook versoek om seker te maak dat die uitvoering van die begroting korrek is.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.