Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Jammer dat omstandighede en lewensverlies Kaapstad moes dwing om veiligheid op N2-“Hell Run” te verskerp

Dit is jammer dat die Stad Kaapstad eers gewag het dat ‘n krisis met die verlies van menselewens moes ontstaan voordat die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, R114 miljoen bewillig het om veiligheidsmaatreëls op die N2 se sogenaamde “Hell Run” by die lughawe te verskerp.

Die situasie herinner aan die krisis met bek-en-klouseer waar daar ook eers gewag is tot ‘n krisis ontstaan voordat daar opgetree is.

Die aankondiging oor die beveiling van paaie om die lughawe kom na volgehou druk van die VF Plus sedert verlede jaar.

Hierdie finansiële verbintenis is nogtans ’n positiewe stap om ’n probleem aan te spreek wat motoriste al langer as twee dekades teister.

Die optrede moet verwelkom word, maar dit is betreurenswaardig dat soveel tyd en soveel lewens eers verlore moes gaan in die proses.

Die VF Plus het lank reeds die veiligheid van motoriste op Kaapstad se snelweë beklemtoon en praktiese voorstelle gemaak om hulle te beskerm. Benewens hierdie veldtogte het die VF Plus ook konkrete stappe geneem deur ’n ondersteuningsgroep vir slagoffers te stig en saam met ander misdaadaktiviste trauma-berading deur Medi-Clinic te reël vir diegene wat deur aanvalle op snelweë geraak is.

In gister se raadsvergadering het die VF Plus die Stad Kaapstad gesteun om die onderhoud en herstel van verkeersligte van Sanral oor te neem.

Hierdie samewerking tussen die Stad en Sanral het die VF Plus grootliks verras, gegewe hul geskiedenis van wedersydse beskuldigings oor wie verantwoordelik is vir die veiligheid van die betrokke deel van die snelweg.

Sanral het selfs ’n verklaring uitgereik waarin hy beweer dat die Stad hom nooit oor die voorgestelde R180 miljoen-sekuriteitsmuur gekonsulteer het nie.

Die tyd het aangebreek om die strydbyle neer te lê en die veiligheid van motoriste eerste te stel.

Die VF Plus sal alles in sy vermoë doen om te verseker dat die Stad Kaapstad en Sanral saamwerk, en dat die beskikbare fondse doelmatig aangewend word om die berugte N2 “Hell Run” finaal veilig te maak vir plaaslike motoriste én besoekers.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.