fbpx
Vryheidsfront Plus

Jacaranda FM se Tumi Morake-debakel wys op noodsaak vir nuwe debat tussen mense van Suid-Afrika

Hierdie week se Tumi Morake-debakel van op Jacaranda FM wys op die noodsaak van dringende debatvoering oor geskiedenis, ras, kultuur en identiteit tussen die verskeidenheid van groepe en kulture in Suid-Afrika, sê Jaco Mulder, VF Plus-leier vir Gauteng.

Mulder sê die gesprek met die aktivis Johannes “Sloet” de Villiers van Amsterdam oor die boikotaksie van Steve Hofmeyr se konserttoere na die buiteland tydens Dinsdagoggend se geselsprogram, was ongetwyfeld ‘n resep vir ‘n rasseherrie.

Hy sê Tumi Morake het gefouteer deur as mede-programaanbieder sekere luisteraars se humeure te laat opvlam met haar eie rasgegronde uitsprake.

“Die mense van Suid-Afrika moet self ‘n forum tot gesprek skep en nie verder toelaat dat geskiedenisboeke vir eie politieke propaganda en gewin herskryf word nie. Elke tydstip in die geskiedenis behoort in die konteks van die tyd beoordeel te word en die verstaan en ervaring van elke groep moet gehoor word.

“Die VF Plus gaan Jacaranda FM en Tumi Morake nader om dié flater in ‘n gespreksgeleentheid tot ‘n beter toekoms te omskep,” sê Mulder.

Kontaknommer: 082 466 3786

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.