fbpx
Vryheidsfront Plus

Tree nou pro-aktief op om staat se pensioenfonds van Gupta-stroping te red

Nuwe verwikkelings wat daarop dui dat die staatsdiens-pensioenfonds (SDPF) opnuut in die visier van ‘n Gupta-georkestreerde stropingspoging is, is kommerwekkend, en pro-aktiewe optrede is nodig om die fonds te beskerm, sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus.

Luidens ‘n IOL-berig word daar tans agter die skerms planne gesmee om die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) se uitvoerende hoof, dr. Dan Matjila, te vervang met ‘n OBK-raadslid wat onlangs aangestel is deur die minister van finansies, Malusi Gigaba.

Adv. Alberts sê die OBK, wat die staat se pensioenfonds bestuur, is met ‘n bate van R1,87 triljoen die grootste belegger in die land se ekonomie en daarom ook ‘n baie aanloklike teiken vir verskeie selfverrykingsaksies.

“Die VF Plus neem kennis van die jongste bewerings, en hou die bedreiging teen die fonds lank reeds dop.

“Indien dit waar blyk te wees sal die party ‘n inisiatief ondersoek om ‘n aparte vereniging vir staatsamptenare en pensioenarisse op die been te bring waarby alle pensioenfondslede kan aansluit ten einde ‘n regsfonds op te bou om aggressief te kan litigeer waar nodig.

“Dit het tyd geword om vooruit te dink en pro-aktief op te tree om die Guptas en enige ander opportuniste in hul spore te stuit en te sorg dat daar nie ‘n herhaling is van die Transnet- pensioenfondsfiasko wat nou in die howe afspeel nie,” sê adv. Alberts.

Kontaknommers: 082 391 3117 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.