fbpx
Vryheidsfront Plus

Ipsos-peiling wys meeste Suid-Afrikaners steun VF Plus se ekonomiese beleid, verwerp ANC, DA en EFF se linkse beleid

Internasionale navorsing wat die maatskappy Ipsos in 28 lande gedoen het oor verskillende aspekte rakende sosialisme, wys dat Suid-Afrikaners verreweg die grootste steun wys aan meriete en die vryemark, en van mening is dat sosialisme, soos voorgestaan deur die ANC, DA en die EFF, onderdrukkend is.

Ipsos het die navorsing gedoen ter gedagtenis aan die geboorte van Karl Marx tweehonderd jaar gelede op 5 Mei 1818.

Die navorsing toon onteenseglik dat die VF Plus se beleid in pas is met die hartklop van die meeste Suid-Afrikaners.

Meriete en die vryemark is bewese in die feit dat dit lei tot ontwikkeling, vooruitgang en werkskepping. Dit vergroot ook die belastingbasis wat staatsdienste soos openbare gesondheid moontlik maak.

Op die stelling: “Die vryemark bring die beste in mense na vore”, het 83% van Suid-Afrikaanse respondente dit gesteun in teenstelling met die gemiddelde van slegs 66% van die ander lande.

Altesame 59% van Suid-Afrikaners stem saam dat sosialisme ‘n stelsel van politieke verdrukking, massa-beheer en staatsterreur is teen die res se 48%.

• Die inligting is beskikbaar op Ipsos se webtuiste: https://www.ipsos.com/en-za/value-socialism-global-ipsos-poll 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 065 801 7216

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.