fbpx
Vryheidsfront Plus

Inwoners word uitgenooi om aan Tshwane se voorgestelde ontwikkelingsplan en konsepbegroting deel te neem

Die VF Plus het vandeesweek inwoners van Tshwane aangemoedig om deur middel van ‘n slimfoon aan die stad se voorgestelde geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) en konsepbegroting deel te neem.

Tshwane-metroraad het die afgelope naweek verskeie vergaderings in elk van sy sewe streke gehou. Diegene wat nie die vergaderings kon bywoon nie, kan nou deur middel van elektronika aan die proses deel neem.

Die stad het ‘n Tshwane-E-Government-applikasie ontwikkel wat aan inwoners die geleentheid bied om deur middel van slim- en Apple-fone beswaar en kommentaar op die GOP en konsepbegroting te lewer.

Insette en kommentaar is uiters belangrik omdat dit bepaal watter projekte voorkeur op die begroting moet kry.

Ingevolge die Munisipale Stelselswet vir Plaaslike Regering (Wet 56 van 2003), die Finansiële Bestuurswet (Wet 56 van 2003) en die Munisipale Behuising Tariewewet (Wet 6 van 2004) is die stadsraad verplig om die gemeenskap by die proses te betrek.

Mense het tyd tot 30 April om op voorstelle van die GOP-dokument te reageer. Wat die belastingtariewe en bywette betrek, is daar tyd tot 7 Mei.

Die proses is ‘n gulde geleentheid vir elke inwoner van Tshwane (Akasia, Atteridgeville, Bronkhorstspruit, Centurion, Cullinan, Ekangala, Ga-Rankuwa, Garsfontein, Hammanskraal, Irene, Kudube, Mabopane, Mamelodi, Pretoria, Pretoria-Noord, Rayton, Refilwe, Roodeplaat, Soshanguve, Temba en Winterveldt) om aan die openbare deelname-proses deel te neem.

 

Kontaknommer: 072 815 4053

 

 

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.