Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Inwoners van Tshwane-metro moet bedag wees op landswye bedrogspul deur vals munisipale “amptenare”

Die VF Plus waarsku inwoners van die Tshwane-metro om bedag te wees op ‘n toenemende landwye bedrogspul waar persone hulle voordoen as munisipale amptenare.

Vreemdelinge sonder, of met vals identifikasie probeer onder meer om op hierdie wyse onwettig toegang tot eiendom te verkry.

Bedrieërs stuur onder meer ‘n SMS of ʼn Whatsapp-boodskap aan inwoners wat lui dat hul water- en kragtoevoer afgesny gaan word weens “wanbetaling”.

‘n Voorbeeld is ‘n geval in Tshwane waar ʼn persoon homself as ene Sibusiso Khumalo voorgestel het in ‘n boodskap aan ʼn inwoner dat sy watertoevoer binne twee ure afgesny sou word indien ‘n sekere bedrag nie dadelik betaal word nie.

ʼn Vinnige navraag van die inwoner het bevestig dat sy rekening wel op datum is en geen opskortingsbevel uitgereik is nie.

Hierdie boodskappe veroorsaak groot verwarring en is vermoedelik ook daarop gemik om toegang tot privaat eiendom te verkry.

Die VF Plus vra dat inwoners die volgende in gedagte moet hou wanneer ʼn onbekende persoon hul kontak rakende ʼn “agterstallige” diensterekening:

  • Geen persoon sonder amptelike identifikasie moet sonder ‘n amptelike afspraak op ‘n perseel toegelaat word nie.

• Amptenare moet ʼn geldige ID-kaart vertoon wat hul naam, foto en personeelnommer aandui.
• Amptenare moet amptelike vervoer met die nodige identifikasie gebruik.
• Geen afsluiting mag gedoen word sonder ʼn amptelike vooraf kennisgewing nie.

Wat om te doen indien jy ‘n verdagte boodskap ontvang:

• Moenie reageer op die boodskap nie.
• Kontak die metro of munisipaliteit se kliëntediens om die status van jou rekening te bevestig.
• In Tshwane se geval kan ‘n boodskap gestuur word aan customercare@tshwane.gov.za.
• Rapporteer die voorval aan die metro se bedroglyn by 0800 701 701 en jou naaste polisiekantoor.
• Bewaar alle kommunikasie vir ‘n moontlike polisie-ondersoek.

Dit is belangrik dat inwoners hul regte ken en nie toelaat dat bedrieërs hulle onder druk plaas nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.