fbpx
Vryheidsfront Plus

Inwoners van Fochville word gestraf vir wanbetaling van Kokosi

Die VF Plus het die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) versoek om die kragtoevoer na Fochville en Kokosi te skei.

Fochville en Kokosi se kragvoorsiening kom van een substasie en weens die swak betaling van die inwoners van Kokosi ontvang inwoners in dié gebiede verlaagde kragtoevoer.

Net ʼn sekere hoeveelheid krag word daagliks aan dié gebied voorsien en wanneer dit opgebruik is, is inwoners daarna vir vyf tot sewe ure sonder krag.

Wanneer die krag daarna aangeskakel word, skop die krag dikwels uit en moet inwoners langer wag om elektriese toerusting aan te skakel.

Die metode wat die munisipaliteit toepas is onregverdig teenoor die inwoners van Fochville wat hul kragrekeninge getrou vereffen in teenstelling met Kokosi se invorderingskoers van 9%.

Dit situasie kan nie langer voortduur nie.

Getroue belastingbetalers word nou gestraf vir die inwoners van Kokosi se wanbetaling.

Daar moet dringend ʼn oplossing gevind word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.