Nou is Indiërs en bruines klaarblyklik ook nie meer swart gevoeg om voordeel te trek uit Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) nie.
Luidens dokumente in die Natalse koerant The Mercury se besit, blyk dit dat voorgestelde veranderinge rakende ‘n swart ekonomiese bemagtigingswet wat tenders reguleer, Indiërs nou saam met die bruin- en Afrikanerminderhede die reg op gelyke deelname aan staatstenders ontsê.
Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor die ekonomie, sê die voorgestelde veranderinge wat ter sprake is, het betrekking op Die Wet op die Raamwerk vir Voorkeurverkrygingsbeleid (Wet 5 van 2000).
Dit bepaal onder meer dat slegs persone wat geen formele politieke deelname voor 1994 gehad het nie, kan deelneem.
Dit blyk dat die grootste veranderinge van toepassing is op tenders van onder R10 miljoen waar die prys slegs die helfte van die punte vir die toeken van die tender uitmaak en SEB-punte die ander 50%.
Dit sluit bruin en Indiërs saam met wittes vir alle praktiese doeleindes uit enige deelname aan die proses,” sê adv. Alberts.
Hy sê die voorgestelde veranderinge sal die deur wawyd oopmaak vir kaderbevoordeling en pryse sal swaar gelaai kan word aangesien dit nie die bepalende faktor is nie.
“Dit is lank reeds duidelik dat minderhede in die land nie deel vorm van die ANC-regering se definisie van swart nie. Hoe kleiner die staatskoek raak, hoe meer sal ander minderhede voortaan deel daaraan hê.
“Dit is duidelik dat die staatskas al hoe meer tot die uitsluitlike bevoordeling van ‘n klein swart elite in die land is,” sê adv. Alberts.
Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403