fbpx
Vryheidsfront Plus

Hulp aan klein sake-ondernemings: Na aanvanklike ontkenning oor swart bemagtiging (SEB) as kriterium erken regering nou SEB-voorwaardes sal wel gebruik word

Die VF Plus beskou dit as totaal onaanvaarbaar dat ras in hierdie krisistyd as riglyn gebruik word om hulp te bied aan kleiner sake-ondernemings nadat dit aanvanklik ontken is.

Daar is talle kleiner sake-ondernemings soos eenman-ondernemings wat nie aan die vereistes van swart ekonomiese bemagtiging (SEB) kan voldoen nie. Dit is ongeag ras opgebou uit entrepreneurskap tot voordeel van die totale ekonomie en werkskepping en is in menige gevalle die eerste trap na groter ondernemerskap.

Baie van hierdie ondernemings is tydens die inperkingsperiode grootliks verbied om sake te bedryf en dié verbod sal in baie gevalle nog lank geld. Hierdie ondernemings het in besonder hulp nodig omdat hulle grootliks die vonk sal wees om die groter ekonomie weer aan die gang te kry na die inperking.

Bankrotskap en ondergang staar baie van hierdie ondernemings tans in die gesig en indien hulle post Covid-19 van die toneel verdwyn, sal dit ‘n gevoelige terugslag vir die kans op spoedige ekonomiese herstel wees.

Die VF Plus was reeds in 2013 die enigste party wat teen die strenger ekonomiese bemagtigingswet in die parlement gestem het. Dit is hierdie wet se bepalings wat nou gebruik word om te bepaal hoe hulpverlening sal geskied.

Partye wat in 2013 vir dié drakoniese rasgegronde wet gestem het, moet nou pa staan vir die gevolge van hul optrede en met hul gewete saamleef aangesien talle eenmansake sonder hulp nie sal kan oorleef nie.

Die VF Plus eis dat hierdie wet en die sektorale vasstellings daarvan sonder meer opgeskort moet word sodat alle ondernemings gehelp word, ongeag ras, en dat hierdie opskorting van krag moet wees met die opbou van die ekonomie en daarna totaal verwyder moet word.

Indien die ekonomie nie herstel nie, gaan mense van alle rasse daaronder ly, en daardie lyding gaan geen onderskeid tref tussen kleur nie.

Die VF Plus het reeds hierdie versoek tot president Cyril Ramaphosa en in die parlement gerig en sal hom opnuut versoek om SEB op te skort en sal verdere aksie oorweeg indien daar nie aan die versoek gehoor gegee word nie.

Die party veg vir gelykheid en gelyke geleenthede en sal die saak nie daar laat nie.

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Jongste nuus
Marcelle Maritz

Verklaar Warmbad tot rampgebied

Die VF Plus het vandag in ’n skrywe aan die premier van Limpopo, mnr. Stanley Mathabatha, daarop aangedring dat Warmbad en omliggende dele tot rampgebied

LEES MEER

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.