Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Huisverkopers in Emfuleni sal moet wag vir terugbetalings

Huisverkopers in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit sal langer moet wag om terugbetalings van dié munisipaliteit te ontvang nadat Randwater en Eskom die afgelope vier maande Emfuleni se bankrekenings gevries het.

Die Ekurhuleni-munisipaliteit het 1036 aansoeke vir die terugbetalings van deposito’s ontvang. Slegs 423 hiervan is gestuur vir verwerking deur die rekeningafdeling.

Die munisipaliteit moes ook ʼn nuwe aansoekstelsel in werking stel omdat korrupsie in die rekeningafdeling plaasgevind het.

Die polisie ondersoek die saak.

Aansoeke vir terugbetalings kan nie meer by die munisipale kantoor ingedien word nie, maar moet deur middel van die webtuiste www.ratesonline.co.za geskied.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.