Die Padverkeeroortredingsagentskap (PVOA) pas die Aarto-wet op ‘n onwettige wyse toe wat beteken dat alle Aarto-boetes wat tot op datum uitgereik is en nie binne die voorgeskrewe spertye betaal is nie, moontlik onwettig en onafdwingbaar wees, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor vervoer.
Adv. Alberts sê dié implikasie volg uit die bevinding gemaak in 'n uitspraak van verlede Vrydag (24 Februarie) in die Noord-Gautengse Hooggeregshof en bevestig die opinie wat die VF Plus al herhaaldelik uitgespreek het dat Aarto onwettig toegepas word en dat die meeste kennisgewings daarom ongeldig is.
Regter Bill Prinsloo, wat die bevinding gemaak het, het ook ‘n bevel gemaak dat die boetes in die betrokke saak tersyde gestel word.
In die saak het die hof spesifiek verwys na die proses wat ingevolge Aarto deur die owerhede gevolg moet word asook die spertye en bevind dat dit dwingend van aard is en indien die owerhede nie daarby hou nie sal enige verkeersoortreding ingevolge dié Wet onafdwingbaar wees, ongeag die meriete van die saak.
Die uitspraak het gekom nadat Fines4U, ‘n maatskappy wat namens kliënte padverkeersboetes en –kennisgewings hanteer, ‘n hofaansoek gebring het nadat honderde kennisgewings eenvoudig in die Aarto-stelsel vasgehaak het sonder enige beregtiging.
Cornelia van Niekerk, eienaar van Fines4U, het alle remedies uitgeput om die PVOA sover te kry om die kennisgewings wat bevraagteken en verwys is vir beregtiging, wel geprosesseer te kry. Die VF Plus prys haar moed om die saak hof toe te neem en uiteindelik regsekerheid te bring vir haar kliente, en vir almal wat onder ‘n gebrekkige Aarto-stelsel ly.
Adv. Albert sê die probleem met Aarto is dat dit enersyds padoortreders straffeloos laat en paaie sodoende onveilig maak, en andersyds omdat padgebruikers wat kennisgewings kry die geleentheid ontneem word van die reg om hulself te kan verdedig.
“Aarto is ‘n gemors en moet geskrap word. Die ANC-regering is duidelik nie in staat om die stelsel te bestuur nie. Dit is ook een van die redes hoekom daar roekeloos op ons paaie bestuur word. Sommige padgebruikers het weens die gebrekkige toepassing van Aarto begin besef dat hulle straffeloos kan bestuur omdat daar nooit enige gevolge vir hulle uit hoofde van Aarto sal plaasvind nie.
“Die vorige stelsel ingevolge die Nasionale Padverkeerswet en die Strafproseswet is in Johannesburg en Pretoria gestaak om plek te maak vir die uitrol van die toetsfase van Aarto, maar dit het nou in ‘n administratiewe monster ontaard wat sy hoofdoelwit, om die paaie veiliger te maak, heeltemal ondermyn.
“Indien Aarto wel na behore toegepas sou word deur goed opgeleide verkeersbeamptes, verkeersowerhede en die PVOA-beamptes, sal die vrees dat padgebruikers hul lisensies kan verloor en dat hulle bates selfs opgeveil kan word ten einde boetes te delg ingevolge Aarto, wel daarin kan slaag om padgebruikers meer gehoorsaam te maak.
“Tans word Aarto egter op ‘n velerlei wyses onwettig toegepas en bestaan geen moontlikheid dat dit ons paaie veiliger kan maak nie.
“Tekenend van die onbevoegdheid van die regering om Aarto toe te pas en die ANC-regering se ontplooiing van kaders wat nie bevoeg is om hulle werk te doen nie, is die brief wat die adjunk-registrateur van die PVOA aan Van Niekerk gestuur nadat navraag gedoen is oor die nie-beregtiging van honderde boetes.
“Volgens die hof het hy Van Niekerk met “onnodige aggressie” geantwoord dat die navraag waarom sekere boetes gekanselleer word en andere op presies dieselfde feitestel nie gekanselleer word nie, nie enige argument op die meriete daarstel nie en dat hy daarom opdrag gaan gee dat die boetes wat wel suksesvol bevraagteken is, summier weer vervolgbaar sal wees.
“Die Hooggeregshof het deeglik hiervan kennis geneem en hierdie brief is een van die bewyse waarop die hof bevind het dat Aarto onwettig toegepas word. Die hof het ook die adjunk-registrateur van bevooroordeeldheid beskuldig.
“Die VF Plus eis op grond hiervan dat hy summier afgedank word en sal ‘n brief aan die minister van vervoer hieroor skryf.
“Die uitspraak se effek is dat alle boetes wat nie die AARTO-proses nougeset gevolg het nie, onafdwingbaar is. Die implikasie is ook dat enige boetes wat betaal is waar die proses defektief was, teruggeëis kan word op grond van ongeregverdigde verryking.
“Die regter het veral die volgende belangrike opmerking in sy uitspraak gemaak (paragraaf 69; bladsy 48): “In any event, it seems to me where the process was tainted it would not be in the interests of justice to allow details of the alleged offences, which could not be addressed because of the tainted procedure, to remain on the NCR [National Contraventions Register] on a permanent basis”.
“Dus moet alle boetes wat nie prosedureel korrek is nie verwyder word van die register van oortredings. Die volgende boetes kan daarom ingevolge die uitspraak onwettig en dus onafdwingbaar wees,” sê adv. Alberts. (Hier is voorbeelde):
Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403